-
Lig Wankelend: Die Wese van die Liefde en lewe van Utte Reuter- ‘n Roman – Gerard Scholtz
R35.00 Add to basket -
Die Verdwaalde Land — Abraham Phillips
R28.00 Add to basket -
Art and History of Pisa – Giuliano Valdes
R30.00 Add to basket -
Six Feet of the Country – Nadine Gordimer
R38.00 Add to basket -
Saintly Servings
R30.00 Add to basket -
Ultra Age: Everywoman’s Guide to Facing the Future – Mary Spillane
R49.00 Add to basket
Afdraai: ‘n kroniek van seermaak en seerkry, van vrede en veranderin — A.H.M. Scholtz
R58.00
Sold by: BoekhoerToestand : Goed.
Eerste druk, Kwela, 1998, Sagteband – Roman – 185pp. ISBN 9780795700620.
“Afdraai” vertel ’n verhaal van die Anglo-Boereoorlog en die tydperk daarna in die vorm van die bekende plaasroman, maar hoofsaaklik vanuit die perspektief van gekleurde persone, sodat die blanke Afrikaner-lyding nie sentraal gestel word nie. Die subtitel van die boek is “’n Kroniek van seermaak en seerkry, van vrede en verandering”.
Dit is die verhaal van Hester Olivier en Anna Brink en hul nakomelinge. Anna is die vrou van die eienaar van die plaas Brinks Pos en Hester is die bywonersvrou van Oosterse afkoms, met ’n voorkoms so blas dat haar eie man haar na die oorlog verwerp. Sy vind geluk by ’n Engelse korporaal, die halwe Maori Joshua Smith, en bou die plaas van haar eertydse weldoeners weer na die oorlog op.
Die verhaal begin met die Anglo-Boereoorlog en verloop dan deur die Eerste en Tweede Wêreldoorlog en die bewindsoorname van die Nasionale Party tot met die impak van apartheid. Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog is die twee sentrale karakters vriende, maar gaandeweg kom daar ’n verwydering tussen die blanke en bruin(er) families, ’n afdraai in die verhoudings. Die hegte verhouding van die begin versuur mettertyd totdat dit in terme van verset en verlossing beskryf word.
Hierdie verhaal gee ’n stem aan uitgeworpe Afrikaners wat aan die verkeerde kant van die arbitrêre rasseklassifikasie beland en beskryf die pyn en lyding wat daarmee gepaardgaan. In die werk promoveer Scholtz nie ras-egtheid nie, maar liefde wat kunsmatige grense oorskry, met die boodskap dat mense mekaar nodig het en weer moet afdraai terug na mekaar toe.
“Afdraai” word in Duits en Nederlands vertaal.
* “Bondel” opsie vir goedkoper posgeld.
Book Condition:
ISBN:
9780795700620
In stock