Select Page

All bran vir die siel: 12 stappe vir ‘n geestelike detoks – Susan Coetzer

R40.00

Sold by: Boekhoer

Toestand : Goed.
Tweede druk, Carpe Diem, 2011, Sagteband – Geestelik – 159 pp.
Susan Coetzer se no-nonsense gesonde kos vir jou siel is net wat jy nodig het. Deur water te drink en voldoende vesel in te neem, kan jy jou liggaam detoks en nuwe energie gee. Net so sal die 12 stappe vir ’n geestelike detoks in hierdie handleiding jou weer passie vir die lewe gee. Jy sal die Nuwe Plan wat God vir jou het, ontdek en weer voluit deur die lewe kan dans.
All-Bran vir die siel se gesonde vesel bestaan uit …
Aangrypende verhale oor Susan se liefdes en vreugdes, maar ook haar seerkry en hartseer
Eerlike bekentenisse oor die lesse wat sy geleer het uit haar verlede en die foute wat sy gemaak het, maar ook haar suksesse
Bybelverse wat spesiaal gekies is omdat hulle jou hart sal aanraak soos wat hulle Susan se lewe verander het
Stap-vir-stap planne en praktiese dinge om te doen om seker te maak jou lus vir die lewe verdwyn nie sommer net weer nie.
Duisende vroue het reeds die Nuwe Plan vir hulle lewe ontdek deur dié handleiding deur te werk. In hierdie hersiene uitgawe maak die skrywer haar hart verder oop oor wat in haar lewe gebeur, sodat sy ander vroue se harte kan versterk.

Book Condition:

Very_Good

ISBN:

9781770312012

In stock

Add to Wishlist
Add to Wishlist