-
New Contrast 111 – Volume 28, Number 3, Winter 2000
R35.00 Add to basket -
I Remember King Kong (the Boxer) – Denis Hirson
R48.00 Add to basket -
Nemesis – Riana Mouton
R55.00 Add to basket -
Voluit vir Jesus!: ‘n Bybelse dagboek vir kinders – Johan Smit, Nina Smit
R29.00 Add to basket -
How I Became a Holy Mother and Other Stories – Ruth Prawer Jhabvala
R29.00 Add to basket -
Yesterday, I Cried: Celebrating the Lessons of Living and Loving — Iyanla Vanzant
R45.00 Add to basket
Alles Mooi Weer — Karin Cronjé
R40.00
Sold by: BoekhoerToestand : Goed.
Eerste Uitgawe, Genugtig, 2008, Sagteband – Roman – 229 pp.
Hilette Barend, professor, is in volle vaart. Sy is dringend op soek na Pearl Poplin, haar gevallestudie, wat in die niet verdwyn het. Al wat sy van haar het, is drie oefeningboeke waarin hawelose Pearl haar veelbewoe lewensverhaal vertel: … those who was sorry showed they where sorry but I did not want simpity I wanted love but I did not love myself…
Dit word toenemend belangrik dat Pearl gevind moet word. Boonop maak min dinge deesdae heeltemal sin vir Hilette. So begin ‘n aangrypende psigologiese speurtog – indien iets ooit gebeur het – wat die onstellende gedagtegang van Cronje se fragiele en gemarginaliseerde karakters blootle en ‘n skreiende blik werp op die samelewing wat hulle gevorm het. Daar is vetknop Klaus en sy onsinnige lewe; die stomme Mpggo en haar bedleende gesnork. En Pearl. Wat haarself so voor die swyne werp.
Met haar kenmerkende sin vir galgehumor en patos ontbloot Cronje die skrikwekkende motief van ‘n lewe wat eendag nog potensiaal het en die volgende dag ‘n voldonge feit is. Daarby skep sy met fantasie en ‘n sweem surrealisme ‘n gans nuwe erotiese woordeskat wat lig werp op dit wat so maklik verborge bly.
* Maand-einde hopie opsie vir goedkoper posgeld.
Book Condition:
In stock