Amper My Mense — Dot Serfontein
R59.00
Sold by: BoekhoerToestand : Goed.
Tweede uitgawe, eerste druk, Protea Boekhuis, 2009, Sagteband – Kontreiliteratuur – 159pp. ISBN 9781869193225.
“J.C. Kannemeyer het in 1998 geskryf van sy oortuiging dat Serfontein “nog nooit werklik na waarde geskat is nie, dat haar essays van die beste kortkuns in Afrikaans is, selfs al skryf sy ’n betreklik konvensionele tipe prosa met niks van die eksperimente van party hedendaagse outeurs nie”.
Dot Serfontein is een van die eerstes wat kontreiverhaalkuns in Afrikaans beoefen en lewer ook so ’n belangrike bydrae tot die vernuwing in die vertelkuns. Sy slaag daarin om in haar essays op onderhoudende wyse en met oorspronklike beelding ’n leefwyse en gewoontes uit te beeld wat nou vir altyd tot die verlede behoort. As sodanig is haar werke benewens die letterkundige waarde daarvan ook van kultuurhistoriese belang. ’n Uitstaande kenmerk is haar sonderlinge vermoë om dinge raak te verwoord en karakters so fyn te beskryf dat ’n mens voel jy het hulle self geken. Dit word altyd gedoen met deernis, maar ook met ’n goeie skeut humor.
Inderdaad baanbrekerswerk, aangesien kontreikuns tot op daardie stadium nog nie groot aftrek gekry het of baie beoefen is nie en Dot Serfontein stel dan ’n standaard van kwaliteit vir hierdie genre wat ’n groot impak op latere beoefenaars van hierdie subvorm van prosa het.
Amper my mense bevat verhalende sketse oor historiese figure soos Joseph du Plessis, wat die skepper en kenner van die Afrikanerbees was; Bart Krog wat die rebellie op Senekal begin en ’n provinsiale pad verlê soos hy dit wil hê; Kommandant Masottojan de Villiers wat Harrismith en Warden vir homself annekseer; tant Mieta Bender wat ’n vryer oor haar skoot trek, ’n afgedankste loesing gee en by die agterdeur uitgooi sonder om van haar stoel op te staan; en baie ander. Die portrette sluit ook doodgewone mense in waarsonder ons volk baie armer sou gewees het, soos oom Dries wat hom elke jaar misreken met die ploeëry en oom Piet Theron met sy unieke manier om die weer voor te sê.” — WIKI.
Book Condition:
ISBN:
9781869193225
In stock
-
Goldenspoon: Not a Fairytale – Elzabe Heine **SIGNED**
R30.00 Add to basket -
The Pageant of Greece (Abridged) – RW Livingstone
R58.00 Add to basket -
Kanna Hy Ko Hystoe: ‘n Drama – Adam Small
R40.00 Add to basket -
How to Paint & Draw Landscapes – Alfred Daniels
R30.00 Add to basket -
The Beverly Hills Diet — Judy Mazel, Susan Shultz
R38.00 Add to basket -
Tessa Van Tellerstraat – Elizabeth Stander
R28.00 Add to basket
Reviews
There are no reviews yet.