Select Page

Anderkant Timboektoe – Liesl Louw

R40.00

Sold by: Boekhoer

Toestand: Goed.
Eerste uitgawe, Protea Boekhuis, 2008, Sagteband – Reissketse -180pp.

Dink mens aan Wes-Afrika, dink jy aan woestyn en kamele, Bedoeiene en swaar tekstielweefstof, silwer juweliersware en stomende speserye. Tog is daar naas die bykans mistieke idille-beeld mediaflitse van honger en armoede, politieke onstabiliteit en diktatorskap, vrees en verskrikking.

As vryskutjoernalis in Dakar kry Louw die geleentheid om lande soos Senegal, Togo, Ghana, die Ivoorkus en Burkina Faso nie net as “toubab” (Westerling) en toeris te besoek nie, maar kry sy ook glimpse van die streek se hartklop: onreg, ongelykheid en onmag wat dekades na die val van kolonialisme nog die vinger wys na Europese hebsug … maar ook die kuns, die kleur en die ritme van ‘n leefstyl so diep verweef met die waai van die wind, die skakerings van sandduine en die val van die Afrika-son dat dit byna anderkant Westerse woordeskat le.

Anderkant ‘n eerste kyk. Anderkant Timboektoe.

* “Bondel” opsie vir goedkoper posgeld.

Book Condition:

Very_Good

In stock

Add to Wishlist
Add to Wishlist

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Anderkant Timboektoe – Liesl Louw”

Your email address will not be published. Required fields are marked *