Boetman En Die Swanesang Van Die Verligtes – Chris Louw
R45.00
Toestand : Goed.
Eerste uitgawe, Human & Rousseau, 2001, Groot-formaat Sagteband – Afrikaners – 352pp.
Boetman was die bliksem in, en het nie geskroom om dit in reguit taal te sê nie. De Klerk se geslag, wat self nooit in enige oorlog betrokke was nie (was Boetman se betoog), het ´n hele geslag Afrikanermans wat nou so tussen 30 en 50 is, grens toe gestuur om te gaan sterf om ´n misdadige bestel in stand te hou. En dit terwyl die Ooms reeds in die geheim met die vyand gekonkel het om dié bestel tot ´n einde te bring.
Boonop moet dieselfde geslag nou in die werkplek weer die spit afbyt omdat hulle as deel van regstellende aksie deur die voormalige vyand opsy geskuif word. Boetman is steeds die bliksem in, en in dié boek maak hy dit meer as duidelik waarom.
Verskeie skreiende ware vertellings en die skrywer se eie lewensverhaal maak dit grafies duidelik hoe die Boetman-geslag gemanipuleer en geknak is, en die tweede deel van die boek is ´n ontleding van die proses wat tot die grondwetonderhandelings en die huidige bestel gelei het.
Klappe word links en regs uitgedeel – nie uit die duim gesuig nie, maar deeglik met aanhalings gestaaf. Die publieke reaksie op Louw se ope brief toon duidelik dat hy ´n teer snaar aangeraak het.
In hierdie boek voer hy die debat veel verder, en seil hy nogmaals kaalvuis onder die Ooms in – nie om blindelings terug te kap nie, maar om ´n katarsis en uiteindelik ´n genesing te probeer bewerkstellig.
In stock