-
Littekens: stories en memories – Margaret Bakkes
R35.00 Read more -
How to Succeed in the African Market – Winfred Oppong-Amoako
R45.00 Read more -
Va-Va-Voodoo!: Find Love, Make Love and Keep Love – Kathleen Charlotte
R78.00 Read more -
Onse Hymie – Etienne Leroux
R38.00 Read more -
Disgrace – J. M. Coetzee
R58.00 Read more -
Noodhulp: amptelike handleiding van die Suid-Afrikaanse Noodhulpliga – EL Moller
R38.00 Read more
Boklied: ‘n vermaaklikheid in drie bedrywe — Breyten Breytenbach
R65.00
Sold by: BoekhoerToestand : Goed.
Eerste Uitgawe, Human & Rousseau, 1998, Sagteband – Drama – 159pp. ISBN 9780798138185.
“Breyten maak sy debuut as dramaturg in 1997 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn met Boklied, waarin belangwekkende kommentaar gelewer word op tydgenootlike werklikhede binne die Afrikanergemeenskap, veral die oorgang vanaf ’n Europa-orde na ’n Afrika-orde. Hierdie drama is onmiddellik omstrede weens die eksplisiete sekstonele en pront dialoog wat daarin voorkom, maar word ook waardeer vir die wyse waarop daarin geslaag word om mites, legendes en rituele aaneen te vleg.
Die titel verwys na die bokdans wat in antieke Griekeland deel gevorm het van die erediens vir die god van wyn en teater, Dionysos (die Romeinse Bacchus), waaruit die klassieke tragedie ontwikkel het. Hierdie is egter geen tragedie nie en die subtitel dui dit aan as ’n vermaaklikheid in drie bedrywe.
’n Groep digters woon ’n konferensie by in ’n gevangenis (maar dit kan ook die paradys of hel wees). Die karakter Maker, wat die rol van die skrywer van die stuk speel, spreek die gehoor aan die einde van die eerste bedryf regstreeks aan soos die gebruik was in die Middeleeue. Van die karakters roep ook verskeie figure uit
die verlede en hede op, soos Madonna wat Moeder Maria, Marilyn Monroe of die sangeres kan verteenwoordig.
Aan die slot word Maker as sondebok geoffer, nadat aspekte van die dramaturg se persoon simbolies nageboots is en politieke en sosiale kwessies in hedendaagse Suid-Afrika aangeraak is. Die drama is ryk aan intertekstuele verwysings na ander werke, soos Arthur Rimbaud se ’n Seisoen in die hel en Aristophanes se Die paddas en Die voëls. Hierdie verwysings word egter nie maklik deur die gemiddelde teaterganger gesnap nie, sodat die drama as ontoeganklik beskryf kan word.
Boklied ontvang die De Kat-Herrieprys by die KKNK, asook agt ENB Vita Streekteatertoekennings vir 1997–1998.” — WIKI
* Hopie opsie vir goedkoper posgeld.
Book Condition:
ISBN:
9780798138185