Chriskras – Chris Barnard

R35.00

Toestand : Goed.
Vierde druk, Tafelberg, 1975, Hardeband met omslag in plastiek – Rubrieke – 136pp.

“Chris se rubrieke in Die Huisgenoot word gebundel in ’n drietal bundels, Chriskras, Chriskras: ’n Tweede keur en So onder deur die maan en ’n keur uit die bestes uit al hierdie bundels word weer saamgebundel in Klopdisselboom.

Hierdie sketse slaag daarin om die nostalgiese verlede op te roep sonder om sentimenteel te raak, slaag met ’n raak en fyn tekening van mense sonder om te moraliseer en stel met ’n skerp satiriese kyk wanoptrede en wanopvattings aan die kaak. Verskeie van die sketse is anekdoties van aard, maar dan vertel deur ’n vakman wat weet hoe mense praat, wat gewone mense in al hulle kwaad, moedswilligheid, tompsinnigheid, lekkerkry, vreugde, haat en liefde in sy woorde lewend maak.

Die onderwerpe is wydlopend van aard en sluit in plaasmense en stadsmense, troeteldiere, boomname, spelende kinders, ouers en die nostalgiese, om slegs enkeles te noem.” – WIKI

Book Condition:
Very_Good
ISBN:
0624002632

In stock