-
Bi: The Hidden Culture, History and Science of Bisexuality – Julia Shaw
R79.00 Add to basket -
Pigs, Piglets and Porkers – Alison Wormleighton
R40.00 Add to basket -
Royal Feud: The Dark Side of the Love Story of the Century – Michael Thornton
R48.00 Add to basket -
Waar Lewende Dooies loop – Jasper M Cloete
R35.00 Add to basket -
The Meaning Of The 21st Century: A Vital Blueprint For Ensuring Our Future- James Martin
R39.00 Add to basket -
The Imperial War Museum Book of the War at Sea: The Royal Navy in the Second World War – Julian Thompson
R180.00 Add to basket
Daar is ‘n Eiffeltoring in sy boedel – Tobi Jooste
R39.00
Sold by: BoekhoerToestand : Goed.
Eerste druk, Naledi, 2013, Groot-formaat Sagteband – Roman – 189pp. ISBN 9780992176440.
Jy’s op ’n punt waar jy na antwoorde soek, en dis ’n onbekende plek, maar dis ’n goeie plek, my kind. Die beste plek om te wees is in die onbekende, want daar is enigiets moontlik. Jy maak jouself nou oop vir die wêreld, jy gaan sien hoe die wêreld homself nou vir jou oopmaak. Onthou jy wat Oupa gesê het: ‘When the student is ready, the teacher appears’.
DAAR IS ’n EIFFELTORING IN SY BOEDEL is ’n roerende verhaal van ’n oupa wat in genadetyd op sy sterfbed lewe, en die kleinseun wat soveel moontlik van sy oupa se wysheid wil leer voor hy nie meer daar is nie. Sy oupa deel met hom sy avonture, stories, staaltjies en moderne gelykenisse wat die jongman se lewe onherroeplik verander. Hy stuur sy kleinseun ook op twee onvergeetlike vakansies waar hy blootgestel word aan plekke, kleurryke karakters en situasies wat hom meer oor homself en die lewe leer. Dis ’n hoogs vermaaklike ontdekkingstog na buite én binne. Sy oupa se stories inspireer hom om sy volle potensiaal te bereik, sy grootste drome te volg en wysheid te vind wat gewoonlik net met die grysheid kom. Sy oupa se dood het vir hom lewe gebring.
’n Jongman herontdek die dinge wat werklik saak maak in ’n boeiende storie wat jou laat skaterlag en soms ook ’n traan laat wegvee. Dis ’n hartsreis van Parys, Frankryk tot in die skone Karoo, ’n avontuur wat oorloop met wysheid, humor en wêreldkennis.
Hierdie storie gaan jou hele lewe verander. Ten goede.
* Bondel opsie vir goedkoper posgeld.
Book Condition:
ISBN:
9780992176440
In stock