Select Page

Die Drie Wee: Vier Eenbedrywe – Jac J Brits

R30.00

Sold by: Boekhoer

Toestand : Goed.
Tweede druk, Tafelberg, 1981, Hardeband – Drama – 90pp.

Jac J Brits skryf van sy elfde jaar af en het oor die jare alle genres van die skryfkuns beoefen, behalwe draaiboeke – wat volgende op sy lys is. Hy het veral werk op die gebied van die radiodrama gelewer.

Die drie weë bevat die eenbedrywe As die son ondergaan, Die laaste dae, Vakansie in Europa en Die drie weë. As die son ondergaan en Die laaste dae word ook opgeneem in Die reënboom en ander eenbedrywe onder redaksie van W.P. Steenkamp.

Vakansie in Europa word opgeneem in Kollig onder redaksie van Charles Fryer. Hierin wen ’n man ’n groot klomp geld en hy droom van ’n oorsese vakansie. Na sy gelukslag het hy egter nie ’n tekort aan raad nie en verskeie mense vertel hom wat hy met sy geld behoort te doen. Sy vakansiedroom word eindelik geblus wanneer hy een klein besonderheid onthou: sy kinders kan nie so lank uit die skool gehou word nie. Hy koop dan vir hom ’n nuwe motor en so word sy droom nie verwesenlik nie.

Book Condition:
Very_Good

In stock

Categories: ,