Select Page

Die eerste lewe van Adamastor – Andre P Brink

R70.00

Sold by: Bee's Books

‘n Aangrypende, aardse liefdesverhaal, geskryf met humor en ‘n speelse geestigheid. Dit speel af in die tyd toe die eerste Europeërs in die Kaap aangekom en kontak gehad het met die Khoi-Khoi. Die verteller, T’kama, neem ‘n wit vrou gevange, versteek haar totdat die skepe uiteindelik sonder haar vertrek, en neem haar saam op ‘n lang swerftog die binneland in, teen alle raad en waarskuwings van ou Khamab en die ander. ‘n Reis van vele ontberinge en frustrasies. Gebaseer op die mite van Adamastor, die reus wie se liggaam volgens legende die gebergtes van die Stormkaap gevorm het.

 

“Dit is weer die verhaal van ‘n Oomblik in die wind, van kolonialisasie en bedrog; dit is die verhaal van Afrika en Europa; maar dit is ook humor, mitologie en legende: dié van Europa en dié van Afrika – van Afrika die Prometheus-vasteland.” – Ampie Coetzee

Book Condition:

Fair

In stock

Add to Wishlist
Add to Wishlist
Category: