Select Page

Die Hemel help ons – Koos Prinsloo

R55.00

Sold by: Boekhoer

Toestand : Goed.
Tweede druk, Taurus, 1988, Sagteband – Kortverhale – 103pp. ISBN 0947046135.

” Die naam Koos Prinsloo was en is gekoppel aan omstredenheid. Koos Prinsloo was ‘n tydgenoot in die onrustige tagtiger- en negentigerjare toe almal aan almal se kele was. Nie alleen was dit die tyd van apartheid, noodtoestande, seksuele ontdekkings nie, maar dit was eweneens ‘n tyd van polarisasie.

In hierdie tyd was daar die figuur Koos Prinsloo, wat met sy debuut Jonkmanskas (1982) opslae gemaak het. Oor die gedurfde verhale, die vermenging van feit en fiksie. Die kritiek op die patriargie.

By Koos Prinsloo was daar woede, vreesloosheid, gedurfdheid, ‘n soort ‘dirty realism’ en die verhale het al hoe feller en meedoënloos geraak. Met Die hemel help ons (1987) was Prinsloo gevestig as kultusfiguur.

Koos Prinsloo is en bly ‘n gedurfde skrywer, ‘n knap stilis wat die leuens van sy samelewing met ‘n rapier aan flarde kon sny. ” – Joan Hambidge

* “Bondel” opsie vir goedkoper posgeld.

Book Condition:

Excellent

ISBN:

0947046135

In stock

Add to Wishlist
Add to Wishlist
Category: