Select Page

Die Hugenote van Suid Afrika – Pierre Coertzen

R159.00

Sold by: Boekhoer

Toestand : Goed.
Tweede druk, Tafelberg, 1988, Groot-formaat Hardeband – Geskiedenis -189pp. ISBN 9780624026181.

Vroeg in die sestiende eeu was Frankryk ‘n land van onrus en moord: Die Rooms- Katolieke Kerk wou die Gereformeerde geloof tot elke prys uitroei. Op 27 April 1688 teken Simon van der Stel aan dat ‘n groep “Franze vlugtelingen” in Tafelbaai voet aan wal gesit het — gelowiges wat om selfbehoud moes vlug weens hul liefde vir die Gereformeerde geloof.

Die Hugenote van Suid-Afrika 1688-1988 is die boeiende verhaal van die beginjare van die Hervorming in Frankryk, van Jacques Lefevre d’Etaples se bydrae tot die hervorming van die Rooms- Katolieke Kerk, van Maarten Luther en sy 95 stellinge, van die beroemde kerkvader Johannes Calvyn, die godsdiensoorloë, die bloedige Bartholometisnag-moorde . . . Daar word beskryf hoe die Hugenote onder swaar verdrukking gely het, totdat hulle uiteindelik vir hul lewe moes vlug. Sommige Hugenote is na Neder-land; ander het as deel van ‘n amptelike kolonisasiepoging van die VOC na die Kaap van Goeie Hoop gekom.

Die Hugenote van Suid-Afrika 1688-1988 is ook die verhaal van die Huge-note in Suid-Afrika: hul oortog en aankoms; die skepe en hul passasiers; die probleme wat hulle met hul vestiging in ‘n ongetemde land ondervind het; hul stryd om hul identiteit te behou. Party Hugenote het na Europa teruggekeer, maar die meerderheid het die suidpunt van Afrika hul nuwe tuiste gemaak. In Deel III word hul invloed op ons geskiedenis uiteenge-sit: op die godsdiens, lewenstyl, die Afrikanervolk, die Afrikaanse taal, en in die gedenktekens wat nagelaat is.

Wat Die Hugenote van Suid-Afrika 1688-1988 veral vir afstammelinge so besonders maak, is die omvattende bylaes, waaronder ‘n samevattende Hugenote-naamlys en ‘n lys met oorspronklike plaasname en -eienaars.

Book Condition:

Very_Good

ISBN:

9780624026181

In stock

Add to Wishlist
Add to Wishlist

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die Hugenote van Suid Afrika – Pierre Coertzen”

Your email address will not be published. Required fields are marked *