Die Man – Pienkes Du Plessis

R68.00

Toestand : Baie Goed.
Tweede druk, Benedict, 2013, Sagteband – Kortverhale – 159 pp.

Die MAN teken in vyf sketse ’n vreemde, afsydige wêreld van mense en plekke en omstandighede wat vaagweg aan laasnag se drome herinner. Maar drome vervaag reeds vroeg-oggend en die vyf verhale bly nog lank in ’n mens se kop rondmaal.

Een van die sketse Die man wat so eerlik was, was in 1964 ’n gewilde kortverhaal in die tydskrif Sarie Marais terwyl twee ander aanvanklik as radio-hoorspele uitgesaai is.

Die skrywer skets doelbewus die karakters en gebeure op ’n afstand, sonder detail van gevoel en meelewing. Vandaar die strak, gestroopte skryfstyl, uniek aan Pienkes, dwarsdeur hierdie uitsonderlike reeks man-sketse.

Die MAN bewys dat Pienkes du Plessis die kuns ken om boeklesers tot in die hart van sy stories te trek en te bly boei.

* “Bondel” opsie vir goedkoper posgeld.

Book Condition:
Very_Good
ISBN:
9780620571333

In stock

Category: