Die Middag voel na Warm As – FA Venter

R45.00

Toestand : Goed.
Derde druk, Tafelberg, 1977, Hardeband met omslag in plastiek – Kontreistories – 126pp.

Venter skryf oor die mense wat op sy plaas buite Vredendal woon en werk. Met sy gebruiklike fyn waarneming en eerlikheid gee hy sy ervaring mee.

Die Middag voel na warm as is gebore uit skerp waarneming en uit onverbiddelike selfondersoek. Dit is geskryf met ‘n byna ontstellende eerlikheid en met drif. Maar ook met liefde en humor. Want hierdie problematiek het die skrywer aan eie lyf ervaar. En soos hy dit ervaar het, so gee hy dit: direk en onmiddellik. Net soos in Swart Pelgrim, het ons hier ‘n spieël waarin die werklikheid duidelik en glashelder weerkaats word.

Book Condition:
Very_Good
ISBN:
0624006123

Out of stock