Select Page

Die Mooiste Afrikaanse Sprokies – Pieter W Grobbelaar, Katrine Harris

R55.00

Sold by: Boekhoer

Toestand: Goed. Derde druk, Human & Rousseau, 2006, Glans Hardeband – Sprokies – 224pp. ISBN 9780798142649.

Hierdie verhale het deur die jare gewild en bemind gebly as deel van die rykdom van Afrikaanse volksvertellings wat, benewens nuutskep-pinge, geleen het van die Wes-Europese kultuur, die Oosterse kulture en die res van Afrika. Baie van die Oosterse invloed het uit die geledere van die Kaapse Maleiers gekom en die Afrika-invloed van die San- en Koikoi en verskeie swart stamme. In hierdie bundel vind ons die immer-geliefde Jakkals-en-Wolf-stories, Hasie Kalbassie, Van Hunks, Tyl Uilspieël, wat dit so geniet om menslike swakhede aan die kaak te stel, en talle ander. Stories vol sprankel en humor, wat oud en jonk baie plesier sal verskaf – deur baas-verteller Pieter W. Grobbelaar, kenner op die gebied van die Afrikaanse volksverhaal.

* “Hopie” opsie vir goedkoper posgeld.

Book Condition:

Very_Good

ISBN:

9780798142649

In stock