Select Page

Die Reën kom nie maklik nie: stories van agter die Soutpansberg – Ina Le Roux

R35.00

Sold by: Boekhoer

Toestand : Goed.
Human & Rousseau, 2009, Sagteband – Kontreistories – 141pp.

Piet Mavhetha, ’n Venda-pastoor, vertel met eenvoud en humor van sy mense agter die Soutpansberg.

Al die verhale word weergegee in die eiesoortige spreektaal van die Venda, met kleurryke beskrywings van hulle kultuur en gewoontes.
Agterin die boek is ’n lys verklarings van Venda name en -woorde.

“Ek voel my aangeraak deur iets heel, heel kosbaars. Na alles wat daaroor te lese is, is dit ‘n persoonlike ontmoeting met die grootse inklusiewe kosmiese lewensiening van – gee toe, miskien grootliks idieële – oer-Afrika. Om dinge te belewe met pastoor Piet Mavhetha, is om ‘n onomkeerbare verstelling in jou ratkas te ondergaan; jy moet net ‘n ander mens anderkant uitkom as jy een-keer in hart en niere besef het jou manier van na die lewe kyk, is nie die enigste nie, laat staan die enigste regte ene. Daar moet net by jou ‘n verruiming kom. Wat kan jy meer vra, van mens of boek?” – Rykie van Reenen.

Book Condition:

Very_Good

ISBN:

9780798150347

In stock

Add to Wishlist
Add to Wishlist
Category: