Select Page

Die Ryk weduwee – Uys Krige

R39.00

Sold by: Boekhoer

Toestand : Goed.
Eerste uitgawe, Afrikaanse Pers Boekhandel, 1953, Hardeband – Drama – 115pp.

” ’n Komedie wat die komiese uitbuit van wewenaars en oujongkêrels wat gelyktydig met huweliksaansoeke by ’n ryk weduwee opdaag.

Anna de Kock van die plaas Soete Inval naby Wellington word die hof gemaak deur Etienne Roux, oujongkêrel en verstrooide professor in die letterkunde, Frans de Waal, wewenaar-boer van Beaufort-Wes, Pierre Naudé, wewenaar-prokureur en haar voorman, Piet Swart, wat bieg dat hy hierdie werk aanvaar het slegs om in haar teenwoordigheid te kan wees.

Die landwye toer in 1953 van die Nasionale Toneelorganisasie met hierdie stuk is ’n groot sukses en daar word geraam dat meer as honderdduisend mense hierdie opvoerings bygewoon het. Na hierdie aanvanklike toer word dit periodiek weer met groot sukses opgevoer, onder andere in 1968 deur TRUK en in 1974 deur KRUIK.

Die trefkrag en tydloosheid van die drama word daarin geïllustreer dat dit in 2009, wanneer dit by die Aardklop Kunstefees opgevoer word, weer vol sale trek en een van die gewildste produksies op die fees is. In 1951 wen hierdie drama die gesamentlike tweede prys met die toneelwedstryd tydens die Van Riebeeck-fees..” — WIKI

Book Condition:

Very_Good

In stock

Add to Wishlist
Add to Wishlist
Category: