Die Seeboek van die Sonderkossers – Jan Rabie

R39.00

Toestand : Goed.
Eerste druk, Tafelberg, 1975 – Jeuglektuur – 174 pp.

” Die verhaal van vier mense, ’n volwassene en drie skoolkinders, wat ’n oorlewingstog van omtrent twee weke langs die Kaapse Suidkus onderneem om te leer hoe om slegs uit die natuur te leef. Hierdie karakters word insiggewend geteken. Dit is die verhaal van Leentjie en haar pa Daniël, die ongelukkige skraal Bennie wat die slagoffer van ’n gebroke huwelik is en die vet Jan Kraai.
Die aanvanklike onderlinge spanning tussen die karakters verdwyn wanneer die stappers verstaan dat hulle op mekaar aangewys is en mekaar se hulp nodig het om te oorleef. Benewens die natuur, leer die karakters ook van hulleself en van verhoudings en van die samehang tussen mense, plante en diere. In hierdie boeke kom Rabie se besonder wye kennis van die natuur en sy morele insigte duidelik na vore, terwyl hy ook daarin slaag om die avonture wat beleef word, spannend aan te bied. Telkens is daar ook die uitdaging om nie net met die natuur nie, maar ook met mekaar harmonieuse verhoudings te hê.
Die Scheepersprys vir Jeuglektuur word in 1977 toegeken aan Seeboek van die Sonderkossers.” – Wiki

Book Condition:
Good
ISBN:
0624007464

In stock