Select Page

Die Stiltetydbybel vir vroue – Maretha Maartens

R50.00

Sold by: Bee's Books

DIE STILTETYDBYBEL vir vroue is saamgestel vir die vrou van vandag, en kan met groot vrug gebruik word vir persoonlike stiltetyd asook Bybelstudie in groepe. Dit bevat die volledige Nuwe Vertaling van die Bybel (Nuwe Testament), verdeel in 365 dae wat die leser in staat stel om die hele Nuwe Testament in een jaar deur te lees. Vir elke dag is daar ‘n inspirerende oordenking wat die lig van God se Woord laat val op die vrou in haar elkedagse lewe: huwelik, gesin, beroep, vrouwees… Aan die einde van elke dagstuk vind jy ‘n kerngedagte, bedoel om verdere nadenke en geestelike groei te stimuleer. ‘n Indeks van aktuele temas vir naslaandoeleindes dra daartoe by om DIE STILTETYDBYBEL vir vroue ‘n treffer te maak.

Ouderdomsvlekke (foxing) voor in boek, asook ‘n inskrywing aan ‘n vorige eienaar. Verder baie goeie kondisie.

Book Condition:

Good

In stock

Add to Wishlist
Add to Wishlist