Die Waterbreker – Melanie Grobler

R59.00

Toestand : Goed.
Eerste Uitgawe, Tafelberg, 2004, Sagteband – Digbundel – 93pp.

“Die waterbreker is die naam van ‘n verbeelde skip, ook soms genoem Die boegbreker, omdat dit die boeg is wat letterlik die water vorentoe oopbreek. Die digter neem jou op ‘n argetipiese reis oor die drumpel van die bewussyn in ‘n nuwe dimensie: sy sien haarself as vaarder asook waterkliewende boegbeeld, die boegvrou. Tergelykertyd is Die waterbreker ook die naam van die op-die-golwe-van-die-wind-gedrae strandhuis waarin sy woon en skryf. Die krag van hierdie bundel lê veral in die natuurstemmings wat subtiel opgeroep word en ‘n dieper bewussyn van die natuur in die lig van innerlike liefdes- en doodservaringe.

Melanie Grobler het in 1992 die Rapportprys verower met haar debuut-bundel Tye en Swye in die Lewe van Herster H. Verskeie van haar gedigte en kortverhale is opgeneem in versamelbundels. Sy het ‘n doktersgraad in kunsgeskiedenis verwerf en neem reeds die afgelope twintig jaar deel aan kunsuitstallings. Sy woon op Pringlebaai aan die Kaapse kus”. – Die Republikein

Book Condition:
Very_Good
ISBN:
9780624042297

In stock

Categories: ,