Select Page

Die Wilde loot — Elise Muller

R30.00

Sold by: Boekhoer

Toestand : Goed.
Tweede uitgawe, eerste druk, Tafelberg, 1977, Hardeband – Plaasroman – 274pp.

” ’n Hoogtepunt in Elise Muller se romankuns is Die wilde loot. Hierdie gebeure vind plaas binne slegs een week op die plattelandse dorpie Lokenburg.

Die verhaal draai om die karakters Selina en Retta Steen, twee susters en lote van dieselfde stam, maar wesenlik verskillend in geaardheid. Selina neem reeds vroeg die verantwoordelikheid vir die gesin op haar, maar die wilde loot Retta verlaat die huis reeds jonk om na die stad te gaan. Sy word tot hierdie stap gedwing nadat sy en Paultjie van Oordt ’n naweek iewers alleen saam deurgebring het, wat skande oor die familie bring.
In die stad maak Retta naam as aktrise op die verhoog en met optredes oor die radio. Wanneer sy na ’n afwesigheid van agt jaar op ’n dag onverwags tuiskom, gooi sy die lewens van die gesin omver en het dit verreikende gevolge op die lewens van die jonger suster Martie en die jonger broer Gert, terwyl Retta en hulle aangenome broer Dawie op mekaar verlief raak. Daar is ook onmiddellik spanning tussen Retta en Selina, wat vererger word deurdat Selina self heimlik verlief is op Dawie.

Teen die agtergrond van hierdie spanning word verhoudings tussen mense en binne families ondersoek, terwyl die invloed van feilbare menslike oordeel en die moeisame ontwikkeling tot volwasse insig terselfdertyd verwoord word. Hierdie roman word later vir televisie verwerk en gebeeldsaai.” — WIKI

* Bondel opsie vir goedkoper posgeld.

Book Condition:

Very_Good

ISBN:

062401083X

In stock

Add to Wishlist
Add to Wishlist
Category: