Select Page

Don Juan onder die boere – Bartho Smit

R38.00

Sold by: Boekhoer

Toestand : Goed.
Tweede druk, Human & Rousseau, 1975, Hardeband – Drama – 71pp.

Don Juan Onder Die Boere (1958) sou onder die skrywer se leiding deur NTO (Nasionale Toneelorganisasie) opgevoer gewees het vir die opening van die Burgerteater in Bloemfontein in 1959. Die Bloemfonteinse Dramakomitee het egter die opvoering van hierdie produksie gekanselleer op die nippertjie omdat ‘die toneelstuk onvanpas vir die openingsgeleentheid sou gewees het, vermoedelik weens die kastrasietoneel (Smit. 1984:28)’.

‘n Drama oor die oorheersing van vroue oor hul mans in ‘n wêreld waar mans dink hulle is die hane van die werf. ‘N Pretvolle tradisionele Afrikaner-vermaak waar “man” “muis” word en “muis” word “man”!

Soos oom Tienie sê: “Ons leef in ’n vrouewêreld! Wie het jou in hierdie wêreld gebring? Die vrou. Wie het jou grootgemaak? Die vrou. En vir wat? Om vir haar te werk, om op haar maat te dans, om haar te help om meer mans in die wêreld te bring om vir haar te werk en op haar maat te dans!!!

Book Condition:
Very_Good

In stock

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Don Juan onder die boere – Bartho Smit”

Your email address will not be published. Required fields are marked *