Select Page

Doodsteek van ‘n Diabeet – EWS Hammond

R60.00

Sold by: Boekhoer

Toestand : Goed.
Eerste druk, Tafelberg, 1995, Sagteband – Digbundel – 60 pp.

“Doodsteek van ’n diabeet” handel in hoofsaak oor Hammond se mediese toestand, waar sy siekte hom dwing om nie net sy huidige situasie te ervaar en deurleef nie, maar ook nostalgies te dink oor die dinge wat was en nie meer kan wees nie, asook dit wat nog moet kom.

’n Sterkpunt is dat hy daarin slaag om die sentimentele te vermy. In sommige verse spreek weemoed oor die herinneringe van die verlede, wat nie weer herbeleef kan word nie (“Soetland”), terwyl sy huidige toestand aanleiding gee tot gedigte soos “Selfportret op vyftig” en “Die eisers”, waarin telkens ’n sterk kontras met die vorige toestand getrek word. Hy kom ook in opstand teen God oor sy lyding (“Showdown”), terwyl in sommige verse hy sy lyding vergelyk met dié van Christus (“Via dolorosa”, “Aanvaarding”).

In die plek van ’n beminde is nou net die verpleegster van die daaglikse inspuiting (“Doodsteek van ’n diabeet”), terwyl “Spel makaber” op wrang wyse die verval van die liggaam beskryf. “Die struggle” is die sterk slotgedig van die bundel, waarin die stryd teen die liggaam beskryf word in terme van die politieke stryd om bevryding. Aangrypend is die sober “Song, song blue” (met toespelings op die populêre liedjie van Neil Diamond), waarin die spreker met die gebruik van Engels ’n nie-sentimentele versoek oor sy begrafnis rig.

Die Eugène Marais-prys word in 1996 aan “Doodsteek van ’n diabeet” toegeken. Sy gedigte word opgeneem in “Groot verseboek” en “Die Suid-Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte”, asook in ander versamelbundels soos “Senior Verseboek”, “Junior Verseboek”, “Die dye trek die dye aan” en “Woordpaljas”. — WIKI

Book Condition:

Very_Good

ISBN:

9780624034216

In stock

Add to Wishlist
Add to Wishlist
Categories: ,