-
The Forms of Water – Andrea Barrett
R40.00 Read more -
Klits – Amanda Joubert
R39.00 Read more -
Wiskunde in `n Neutedop 4 — Magda Botha
R25.00 Read more -
Venture to the Interior – Laurens Van Der Post
R68.00 Read more -
Open Cut – JM O`Neill
R35.00 Read more -
The Queer Book of Revelation – Siya Khumalo
R88.00 Read more
Dooiemansdeur — Daniel Hugo
R45.00
Sold by: BoekhoerToestand : Goed.
Eerste uitgawe, Tafelberg, 1991, Sagteband – Digbundel – 48pp. ISBN 9780624031024.
Met “Dooiemansdeur” bereik Hugo ’n nuwe hoogtepunt, waar hy aan die hand van ’n motto uit die Nederlandse digter J.C. Bloem se gedig “Insomnia” die dominante motiewe van dood (ook van ’n liefdesverhouding) en slaaploosheid behandel.
Die gedigte behandel verskeie perspektiewe van hierdie en newe-motiewe, soos ’n willoosheid en moedeloosheid vir die lewe, ’n vrees vir die onbekendheid van die dood, die vergelyking van die kortstondigheid van die menselewe teenoor die groter standhoudendheid van die natuur, die afsterwe van verhoudings en die verlede, die onafgehandeldheid van die hede, die voortdurende verval met die verloop van tyd, skuld en leed.
Die geestige “Engele en duiwels” siklus vergelyk die wêreld van die hiernamaalse op die geslagtelike verhouding op ’n ongewone wyse. “Nabokov in die hemel” vind dat in die boeklose hemel se boomryke paradys niks meer benoem kan word nie, maar later in die bundel verkondig “Wat nie geskryf is nie” juis dat die ongeletterde die bome van die aarde bewaar van verpulping.
“ABA” beskryf hoe geleerdes die sterfte van die taal verkondig, terwyl die gewone mense op straat steeds die taal van liefde praat. “Second thoughts” en “Dooiemansvrou” koppel die hoofmotiewe van dood en slaap.
“Rondeel” vergelyk die seisoene se kringloop met die liefde, wat ten spyte van die kortstondigheid tog kan dy en bot.
“Die kelders” reeks verwoord liefdesgeluk met doeltreffende konsekwente deurtrek van die kelderbeeld.
’n Aantal gedigte het die afkoeling van ’n verhouding as tema (byvoorbeeld “Afrekening”, “Truseisoen” en “Verlede tyd”) waarna daar dan die verwydering kom. Die drie “Dooiemansdeur”-gedigte wat op strategiese plekke in die bundel geplaas is en elke keer ’n ander aspek belig, dien terselfdertyd as aankondiger van ’n ander klem op die gedigte wat volg en vervul die funksie van verdeling van verse wat tussendeur steeds op mekaar inspeel.” — WIKI
* Bondel opsie vir goedkoper posgeld.
Book Condition:
ISBN:
9780624031024