Droogte – CM Van der Heever

R39.00

Toestand : Goed.
Agste druk, J.L. van Schaik, 1954, Hardeband – Roman – 212pp.

“Droogte behandel die verarming van die plattelandse bevolking as gevolg van langdurige droogtes. Die skrywer slaag daarin om die stemming van die stryd teen die natuur te skep, maar tree nog steeds te beskrywend op, eerder as uitbeeldend.
’n Besondere groeipunt in sy prosa is egter dat hy hier meer realisties as romanties is en dat verskeie karakters, veral Datie, ’n lewe van hulle eie verkry.

Die skrywer probeer hier om nie net die fisiese nie, maar ook die geestelike droogte tot woord te bring. In sulke omstandighede kry die laer instinkte die oorhand. Hierdie roman word eervol vermeld tydens die toekenning van die Hertzogprys vir 1933 en word onder andere in Vlaams vertaal. In 1935 wys die lesers van Die Burger en Die Vaderland in ’n peiling beide vir Droogte aan as die vierde beste Afrikaanse prosawerk.” — WIKI

Book Condition:
Very_Good

In stock

Categories: ,