Select Page

Groete van die hiena – Leon De Villiers

R39.00

Sold by: Boekhoer

Toestand: Goed.
Eerste druk, Tafelberg, 2000, Sagteband – Roman- 136pp.

“Met Leon se derde boek, Groete van die hiëna, betree hy die wêreld van fantasie. Dit vertel die verhaal van Roek Rykema wie se ouers volgelinge is van die Humanos-kultus. Roek is redelik skepties oor die leier van die kultus, Artius, en op die dag van die inlywing raak Roek paniekerig en beland hy in Chaotika of die Paleis van Chaos.

Thomas van der Walt en Magdel Vorster (Beeld, 23 Oktober 2000) skryf: “Wat volg, is ’n reis deur vreemde maar parallelle wêrelde, fantasieë en verhale wat iewers in die onderbewussyn verskuil is, by die Tuin van Orde verby en anderkant uit. Binne orde is daar chaos, maar Roek moet dit self uitvind. Hy moet homself eers aanvaar voordat hy aanvaarding kan kry by die mense rondom hom.

“Daar is heerlike aweregse humor in die verhaal, maar nie almal gaan dit geniet nie en nie alle volwassenes gaan dit verstaan nie. (…) Gelukkig is daar genoeg jong mense wat oopkop genoeg is om die boek te waardeer. ’n Mens hoop net die boek bereik hulle.”
In Die Burger van 21 Junie 2000 is Marina le Roux van mening dat Leon de Villiers dit weer reggekry het om ’n “veelvlakkige, tergende, soms selfs ontstellende verhaal” neer te pen. “Dit is egter nie net nog ’n inisiasie-storie vol wroeging nie – daar is bisar-humoristiese situasies en besonder slim woordspel. Soos in ’n Escher-skildery is daar variasie, ritme en orde in oënskynlike chaos.”
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
2018-06-07

* “Bondel” opsie vir goedkoper posgeld.

Book Condition:

Very_Good

ISBN:

9780624038078

In stock

Add to Wishlist
Add to Wishlist
Category: