-
Mills and Boon Modern: Never Say No to a Caffarelli – Melanie Milburne
R25.00 Add to basket -
Mills and Boon Modern: A Hint Of Scandal – Tara Pammi
R25.00 Add to basket -
My Journey – Victor Matfield
R50.00 Add to basket -
Mills and Boon Modern: To Defy A Sheikh – Maisey Yates
R25.00 Add to basket -
Mills and Boon Modern: Captivated by Her Innocence – Kim Lawrence
R25.00 Add to basket
Hoopvol – Derick van der Walt
R25.00
Sold by: books & cofiHierdie boek is bekroon met die Silwer Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2011. Ben word koud. Sy mond voel skielik droog. Hy kyk na die foto teen die varsproduktemark se muur. Sy blik is vasgenael op die man heel regs op die foto. Hy vat versigtig met sy vinger aan die man se gesig. Hy het ’n pa. ’n Regte pa.
“Dink jy ons is te slapgat om iets weg van hierdie dorp af te waag?” vra Liefie terwyl sy haar lang, bruin bene in die sonnetjie strek. “Hoekom het ons nie ook verlede jaar ná matriek op ’n trein geklim en gaan kyk wat ons op die eerste die beste dorp anderkant Hoopvol gedoen kan kry nie?”
Nathalie kyk na die druiweprieel wat die dak van die hotel se binnehof byna toegerank het. “Dalk wou ons nie,” antwoord sy. “Miskien is dit bedoel dat party mense op sulke plekke soos Hoopvol moet lewe.”
Hoopvol is die aangrypende verhaal van Ben wat ná ’n traumatiese gebeurtenis by sy huis in Johannesburg blindelings op ’n trein klim om die pa te gaan soek wat hy nooit geken het nie. Dis ook die storie van Nathalie se uitsiglose lewe op ’n dorpie in die Karoo. Op verrassende wyse word dié stories een.
Book Condition:
ISBN:
9780624056256
In stock