Select Page

In stede van die liefde deur Ettienne van Heerden

R200.00

Sold by: Boland Boeke

In hierdie land is ons gedoem om soos toeriste te lewe. Ons toer deur mekaar se ruimtes met behoedsame kamera-oë as verweer.

Ná die hartomleidings moet Christian Lemmer deurentyd sy oog op die “varksnoet” hou; op die ongehoorsame hart, die benoude vuis in sy linkerbors.

Op Stellenbosch is sy naweekgesin: Christine met die vreemde verlange in haar; Siebert wat sorg vir opskuddings. In die Goudstad is sy besigheid, africart.com, wat hom neem na stede van die liefde: New York, Berlyn… Maar daar is ook die geheime woonstel in Seepunt en die gruwel van Harare, waar hy op die spoor van méér as artefakte loop.

In die middelpunt is Lewis Stores se jaarlikse Suiderkruisderby op Matjiesfontein met sy amper magiese wedvlugduifkultuur en eksentrieke karakters: Miss Edelweiss, musiekonderwyseres, wat die vlaktes met haar metaalverklikker bewandel. En Snaartjie, dogter van Piet Windvogel, draadspanner en lekeprediker, sy wat selfs die duiwe met haar vioolspel betower.

Tussen die verskyning van die “rotmotor”op die N2 na Stellenbosch en die Pister op Matjiesfontein, verdwyn Snaartjie en ontvou ’n intrige wat hede en verlede bind tot ’n fassinerende eenheid.

Lees meer oor die boek:

 

Book Condition:

Very_Good

ISBN:

9780624043249

In stock

SKU: C12 Categories: ,

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “In stede van die liefde deur Ettienne van Heerden”

Your email address will not be published. Required fields are marked *