Select Page

Jaarringe – Henriette Grove

R48.00

Sold by: Boekhoer

Toestand : Goed.
Vyfde druk, Tafelberg, 1978, Hardeband met omslag in plastiek – Kortverhale – 163pp.

Twaalf kortverhale.

” Jaarringe kan beskou word as ’n hoogtepunt in haar oeuvre. Die belangrikste motief wat die verhale aanmekaar koppel, is inisiasie in die lewe en ontnugtering daarmee. Deur die verhale in bekende milieus soos die platteland of plaaswêreld te laat afspeel, word die romantiek en illusie daaraan verbonde oopgeskryf, sodat die harde werklikheid deurbreek.

Temas wat behandel word sluit in die verlange na ver plekke of ’n beter lewe en baie speel af in ’n landelike omgewing, maar dan nie ’n idilliese een nie. Die skrywer slaag daarin om in ’n sober maar tog treffende styl die verhale op te bou tot ’n katarsis aan die einde. Baie van die verhale word aangebied uit die oogpunt van ’n kind of naïewe verteller, maar behandel dan tog ’n onderwerp wat veel wyer implikasies het as wat die verteller besef. Sodoende word ’n boeiende diskrepansie verkry tussen die beperkte perspektief van die verteller en die wyer perspektief van die ingeligte leser.

Die C.N.A.-prys in 1966 en die W.A. Hofmeyr-prys in 1967 word toegeken aan Jaarringe. Op 7 Mei 1967 berig die Sondagkoerant Die Beeld dat hy gesaghebbend verneem het dat Jaarringe ook met die Hertzogprys bekroon sal word. Die volgende Sondag berig Die Beeld egter dat die lede van die letterkundige kommissie (Elize Botha, Gerrit Dekker en TT Cloete) nie met mekaar kon saamstem nie. Elize Botha en TT. Cloete was glo ten gunste van ’n toekenning aan Grové, maar Gerrit Dekker het nie saamgestem nie, hoewel hy geen ander boek genoem het nie. So gebeur dit dan dat in ’n tyd van fenomenale opbloei in die Afrikaanse prosa en terwyl daar vele werke van gehalte gelewer word, geen toekenning vir prosa gemaak word nie.” – Wikipedia

Book Condition:
Very_Good
ISBN:
0624003523

In stock

Category: