-
Wall of Silence — Philip Friedman
R28.00 Add to basket -
The Northwest Passage – Brendan Lehan
R58.00 Add to basket -
Die Maan skyn so helder jy kan op Jupiter sien – Paul C Venter
R38.00 Add to basket -
Triomf — Marlene Van Niekerk
R60.00 Add to basket -
Rage – Wilbur Smith
R69.00 Add to basket -
Stroopsoet Bitterheid – Anzil Kulsen [Samesteller]
R35.00 Add to basket
Joernaal Van Jorik — D.J. Opperman
R39.00
Sold by: BoekhoerToestand : Goed.
Eerste sagteband uitgawe, Agste druk, Tafelberg, 2004 – Digbundel – 62pp. ISBN 9780624024712.
“Die epos Joernaal van Jorik kan op verskeie vlakke gelees word. Dit is oënskynlik die verslag van ’n spioen wat in oorlogstyd per duikboot aan die kus van Suid-Afrika afgelaai word, met die opdrag om verslag te doen oor alles wat hy waarneem en meemaak in hierdie vreemde land (wat natuurlik ook die lewenstaak van ’n digter is). Hierdeur word ’n spanningselement in die verloop van die gedig ingebou. Jorik leer die land en sy mense ken en word vasgevang in die politieke situasie en lewenswyse binne Suid-Afrika. Sy makkers moet hom aan die einde met geweld per duikboot wegvoer na sy eintlike vaderland, want hy voel hom een met die land en sy mense.
Die Jorik van die titel is afgelei van die digter se eie name (Diederik Johannes), wat ’n outobiografiese element suggereer, terwyl die figuur ook gesien kan word as ’n soort “alleman”. Die ervarings van Jorik kan dus teen universele agtergrond gesien word as onder andere die verhaal van die Afrikaner, gevorm deur sy eie en die wêreldgeskiedenis. Daar is ook ’n moontlike universele lesing, waar die epos die lewensloop van die mens uitbeeld soos hy in die gang van eeue sy verskyning maak, deel word van die aarde en eindelik na die apokalips weggevoer word vir rekenskap. Sy sendinggewer is onsigbaar, maar Jorik (of die mens) sal tog eindelik rekenskap van hulle aktiwiteite moet gee, wat sterk simbolies is van die Christelike sending aan die mens op aarde.
Ook die psigoanalitiese vind neerslag na aanleiding van veral Jung se kollektiewe bewussyn. Die gedig word eindelik ’n grootse visie van die Suid-Afrika van die veertigerjare van die vorige eeu, met die komplekse interaksies tussen man en vrou en politieke groeperings geskilder teen die agtergrond van die geskiedenis en geografie van die land en die wêreld.
Dit alles bereik Opperman deur middel van konkrete en elementêre woordgebruik en die gebruik van ’n eenvoudige heffingsvers, in kwatryne gerangskik. Die verhaal van Jorik word in vyf afdelings vertel.
Soos Van Wyk Louw se Raka is Joernaal van Jorik in Russies vertaal en deur professor John Harvey ook in Engels. In 1989 bewerk Roelof Temmingh die werk ook musikaal, waar die teks in sy geheel voorgelees word teen die agtergrond van ’n nuut gekomponeerde klankbaan. ’n Bandopname van die enigste uitvoering word in 2012 in ’n CD omskep. Ten tye van sy 65e verjaarsdag in 1979 word ’n faksimilee-uitgawe van Joernaal van Jorik onder die titel Galeie van Jorik uitgegee, waarin die ontstaan van hierdie belangrike werk uiteengesit word in verskillende weergawes en kritiese kommentaar van kollegas en vriende. ” – WIKI
* Bondel opsie vir goedkoper posgeld.
Book Condition:
ISBN:
9780624024712
In stock