Select Page

Ken Op Die Kierie – PH Nortje

R59.00

Sold by: Boekhoer

Toestand : Goed.
Eerste uitgawe, Tafelberg, 1997, Hardeband met omslag in plastiek – Memoires – 189 pp. Netjiese toestand.

In Ken op die kierie skryf P. H. Nortje weer suiwer outobiografies.

Wanneer hy dit het oor verleenthede in sy lewe, vind ons uit wat ‘n skoffel in ‘n fransdruifwingerd met die NG Kerk te doen het, en koeëllaers met vrouestudente se kanse op ‘n huwelik. Met kleur en geur vertel hy van onvergeetlike vernederinge doerie jare in Nagoena se Kloof toe hy en Aroeka bobbejane verras het.

Hy erken hy’s geneig om ingedagte te wees. Dit gee aanleiding tot ‘n nagmerrie met ’n reusepak eksamenskrifte, en tot die aand by die Baxter Teater toe vier wonderwerke met sy toeganskaartjies gebeur het. Oor laasgenoemde voorval het hy destyds nie gewaag om ‘n Huisgenoot-storie te skryf nie, want niemand sou hom glo nie.

Ken op die kierie is ook ‘n boek vir mense wat belangstel in motors van verskillende soorte en ouderdomme, honde se nukke en getrouheid, en ‘n skrywer se werkwinkelgeheime.

Book Condition:
Very_Good
ISBN:
9780624036166

In stock