Kladboek – Joan Hambidge

R20.00

Die ontstaan en afloop van ‘n liefdesvierhoek is die kern van die boeiende klein menslike drama wat hom in Kladboek afspeel.

Die verhouding tussen Die Skrywer en Die Geliefde loop op die rotse omdat Die Skrywer betrokke raak by Die Vrou.  Die Man, eksgeliefde van Die Vrou, tree ook tot die verhaal toe wanneer daar ‘n verhouding tussen Die Geliefde en Die Man onstaan.

Joan Hambidge gebruik ‘n verskeidenheid genres om die vele gesigte van verhoudings te ondersoek: Daar is sprokies, lortverhale, briewe, opstelle, gedigte en selfs reisverslae, filmskote, lesings en koerantartikels.  En dit is juis hierdie verskeidenheid wat die leser se aandag gevange hou.

 

Book Condition:
Excellent
ISBN:
9781869190828

In stock

Category: