Klein Vaderland: Verdere sketse en verhale uit die Overberg — C.G.S. de Villiers
R90.00
Sold by: BoekhoerToestand : Goed.
Tweede druk, A.A. Balkema, 1957, Hardeband – Kontrei Sketse – 101pp.
’n Intieme vertelstyl waarin die vergange belewenisse, maar ook die gemoeds- en verbeeldingslewe van die waarnemer, weergegee word.
Veral Die klipmuur met sy simboliek van die verganklikheid van alle dinge en die begrensing van die natuurlike ’n hoogtepunt is.
Die skets Die swygsames beskryf die vertellers se sonderlinge ervaring om as jong gas by die gasvrye bejaarde egpaar oom Eerk en tant Fyta aan tafel te sit. Die twee oumense het nooit direk met mekaar gepraat nie, maar altyd van ’n tussenganger gebruik gemaak as hulle iets vir mekaar wou sê. Die oorsaak en rede hiervoor bly egter duister. Die tema van die vereensaming van die twee oumense en die komplekse aard van menseverhoudings word knap gedemonstreer, sonder dat ’n simplistiese oorsaak of rede daarvoor verskaf word.
In Helderfontein staan die romantiek en idealisering van die verteller in regstreekse teenspraak met die hoofkarakter, tant Hendriena, se aardsheid en nugterheid. Dit lei tot ’n boeiende konflik tussen die verteller en sy karakter. Elize Botha neem Ma se Gesangboek uit hierdie boek op in haar versamelbundel oor Afrikaanse essayiste.” (Rob Antonissen, Standpunte, 1954)
* Bondel opsie vir goedkoper posgeld.
Book Condition:
In stock
-
Art: The Critics’ Choice – Marina Vaizey [Editor]
R85.00 Add to basket -
Trompie, die Onnut – Topsy Smith
R45.00 Add to basket -
Lize se wilddief – Ann Hite Kemp
R25.00 Add to basket -
You Must Know Everything: Stories 1915-1937 – Isaac Babel
R58.00 Add to basket -
Piet-my-vrou en Nagspel [2 toneelstukke] – Chris Barnard
R39.00 Add to basket -
The Crow Road – Iain Banks
R40.00 Add to basket
Reviews
There are no reviews yet.