Select Page

Kommerkrale: ‘n AB-jap vir akoliete — Hennie Aucamp

R78.00

Sold by: Boekhoer

Toestand: Goed.
Eerste Uitgawe, Tafelberg, 1989, Glans Hardeband – Kortverhale – 34pp. ISBN 9780624027782.

Deur middel van ‘n versameling ongewone karakters en situasies lewer Hennie Aucamp met Kommerkrale – ‘n AB-jap vir akoliete ‘n bundel preke waarin heiligheid en boosheid verstrengel lê, en waarin ironie die deernis nie uitsluit nie.

Aucamp beoefen in Kommerkrale die kort kortstorie, wat uit gemiddeld tweehonderd woorde bestaan; sommige is effens langer, ander heelwat korter, soos dié een waarmee die bundel begin, “Anachoreet’ ‘Hy hekel, stel bloot, ontmasker, ironiseer . . . en laat sy leser uiteindelik nederig staan.Die subtitel verklaar hierdie kortkuns van Aucamp as “ ‘n AB-jap vir akoliete” en dit word opgedra aan Johan Degenaar “wat ernstig hou van speel’
Die treffende voorbladontwerp deur Willem Jordaan toon ‘n opmerklik gesette heer in formele pak, geboordjie en gedas, wat bo sy kop aan sy linkerwysvinger ‘n string krale rondswaai en sy regterhand na bo oopsprei in ‘n gebaar wat terselfdertyd uitlokkend en smekend is. Die formaliteit van sy kleredrag word weerspreek deur die das wat wulps in ‘n klaarblyklike windvlaag wapper. Hy sit op ‘n muurtjie gebou deur yslike letters van die alfabet, maar sy houding sê dat hy enige oomblik kan opspring en wegwals.

* Hopie opsie vir goedkoper posgeld.

Book Condition:

Good

ISBN:

9780624027782

Category: