Select Page

Kook en Geniet deur SJA de Villiers

R300.00

Sold by: Boland Boeke

Kook en geniet het in 1951 vir die eerste keer verskyn. Met meer as ‘n halfmiljoen eksemplare in druk, is dit sonder twyfel die klassieke Suid-Afrikaanse kookboek. Generasies het grootgeword en self geleer kook aan die hand van hierdie boek. Kook en geniet dek alles wat jy ooit oor kook kan wil weet – van hoe om bestanddele te meet en oonde optimaal te gebruik, tot die voorbereiding van groente, gaarmaak van vleis, en die perfekte vries van kos. Dit sluit meer as 700 ekonomiese, beproefde en geliefde resepte in, van Japie se gunsteling en waterblommetjies tot souskluitjies.

In 2009 is die boek hersien, opgedateer en heeltemal herontwerp om die oorspronklike kleiner en dikker formaat te weerspieël. Hierdie huidige uitgawe kombineer ‘n leesbare, moderne gevoel met die klassieke voorkoms van die oorspronklike.

Dit is onontbeerlik vir sowel die ervare kok as die beginner, en bevat alles wat jy moet weet oor kook – van die meting van bestanddele en die gebruik van oonde, tot die voorbereiding van groente en vleis, en hoe om kos te vries. Daar is meer as 700 spesiaal gekose en getoetsde resepte, van ontbyte tot gemengde drankies, en ‘n groot aantal van die geregte is geliefde Suid-Afrikaanse gunstelinge.

Kook en geniet is die een kookboek wat geen Suid-Afrikaanse huis kan mis nie.

Book Condition:

Very_Good

ISBN:

9780798149181

SKU: C25 Categories: ,