Select Page

Kroniek Van Perdepoort – Anna M Louw

R35.00

Sold by: Boekhoer

Toestand : Goed.

Eerste Sagteband-uitgawe, tweede druk, Tafelberg, 1992 – Roman – 260 pp.

Van hierdie grootse roman oor die Lotriet-geslagte van die familieplaas Perdepoort word gesê dat dit een van die handjievol waarlik indrukwekkende werke in die Afrikaans is. “Wie gaan Die Groot Afrikaanse Roman skryf?” is ‘n vraag wat literre kenners telkens opnuut vra. Anna M Louw se Kroniek van Perdepoort, wat in 1975 gepubliseer is, is beslis ‘n waardige aanspraakmaker – daarvan getuig sy bekroning met beide die Hertzogprys en die CNA-prys, asook die gloeiende lof van resensente: “Kroniek van Perdepoort stel ‘n nuwe groeipunt in die ontwikkeling van die Afrikaanse roman. Dit is ‘n onbetwisbare hoogtepunt in die Afrikaanse letterkunde.” – Audrey Blignault in Die Burger “‘n Groot Afrikaanse roman, dit is Perdepoort.” – Elize Botha, Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns “Een van die seldsame handjievol waaragtig indrukwekkende werke van ons prosa, is een waarmee daar voortaan in Afrikaans rekening gehou sal moet word.” – Andre P Brink in Rapport “Kroniek van Perdepoort is ongetwyfeld een van die belangrikste en interessantse toevoegings tot die Afrikaanse romanskat.” – DH Steenberg in Beeld “Dis ‘n roman hierdie wat boei op die vlak van die epiek; dus ‘n pakkende storie, maar ook stilisties, want die verwoording en struktuur is ongewoon en modern in die beste sin van die woord. Die lewensbeskoulike onderbou, die denklaag en lewenswysheid waaruit persone, gebeure en milieu groei, die menslike en metafisiese dimensies van die probleemstelling – dit maak van Kroniek van Perdepoort ‘n ware kragtoer in sowel Anna M Louw se geskakeerde oeuvre as in die Afrikaanse prosakuns. Die roman is in albei opsigte ‘n toppunt.” – PD van der Walt in Die Transvaler

Book Condition:

Very_Good

ISBN:

9780624023678

In stock

Add to Wishlist
Add to Wishlist
Category: