Kruispunt – PJ Haasbroek

R59.00

Toestand : Baie Goed.
Eerste uitgawe, Human & Rousseau, 2010, Sagteband – Kortverhale – 192 pp.

’n Boeiende kortverhaalbundel deur ’n meester van die genre. Haasbroek se nuwe bundel is ’n welkome toevoeging tot sy werk, en ook tot die Afrikaanse verhaalkuns.

Haasbroek se debuutbundel, Heupvuur, is in 1975 met die Eugène Marais-prys bekroon. Alhoewel van die verhale in die bundel herinner aan die macho-styl van Haasbroek se vroeëre werk, is hulle meestal meer deernisvol en menslik. Die milieu is telkens oorlogsgebiede of die jagveld of ’n plaasomgewing, en die verhale is ’n treffende uitbeelding van enersyds die mens se duister psige, andersyds die mens se weerloosheid.

Die onderliggende tema is “geweld”: soms brutaal, soms pynlik, altyd openbarend. Die geografiese afwisseling waarbinne die verhale afspeel, gee aan die bundel ’n globale kyk op die menslike natuur, in Afrika én in Europa. Mens en natuur staan in ’n aanvullende verhouding binne elke verhaal.

Book Condition:
Very_Good
ISBN:
9780798151719

In stock

Categories: ,