-
The Good Carb Cookbook: Secrets of Eating Low on the Glycemic Index — Sandra Woodruff
R50.00 Add to basket -
Getting the Most Out of Your Circular Saw & Jointer — Rockwell Manufacturing Company
R50.00 Add to basket -
The General of the Dead Army: A Novel – Ismail Kadare
R59.00 Add to basket -
The Brooklyn Follies: A Novel — Paul Auster
R38.00 Add to basket -
Soos korale in Sy koninkryk – Cynthia Heald
R29.00 Add to basket -
Naval Digests, No 10: Rear Admiral M R Terry-Lloyd, SSA SM – Chris Bennett
R60.00 Add to basket
Lag weer oor die dag wat kom – Yvonne Retief
R29.00
Sold by: BoekhoerToestand: Goed.
Tweede druk, Struik Christelike Boeke, 2000, Sagteband – Geestelike inslag – 205pp.
Molestering vind byna altyd in die privaatheid plaas en die meeste slagoffers praat nooit met enigiemand daaroor nie. Hulle loop hul hele lewe lank met die pyn daarvan en hul funksionering as mens word gewoonlik in ‘n mindere of meerdere mate negatief beïnvloed.
Daar is persone wat graag ‘n terapeut sou wil gaan spreek, maar weens die nie-beskikbaarheid van ‘n geskikte persoon is dit nie moontlik nie. Dan is daar diegene wie se seer só erg is dat hulle nie die moed het om daaraan te raak nie. Die doel van dié boek is om sulke mense die moed te gee om iets aan die saak te doen sodat hulle weer kan “lag oor die dag wat kom”.
Die boek is geskryf in die vorm van ‘n aantal briewe aan ‘n denkbeeldige vrou wat as jong kind deur haar oupa gemolesteer is. Sy woon op “n plattelandse dorp en het nie toegang tot “n geskikte terapeut nie. Sy en die skryfster kom ooreen om terapie-per-brief te doen.
Die boek stel die leser voor aan ‘n spesifieke tegniek wat die skrywer oor ‘n aantal jare ontwikkel het en waarmee groot sukses behaal is. Dit is geskoei op die sielkundige teorie bekend as Transaksionele Analise wat in die sestigerjare deur Eric Berne geskep is en sedertdien deur ander ontwikkel is.
In die laaste tien briewe word daar na die seksuele heelwordingsproses gekyk.
* “Bondel” opsie vir goedkoper posgeld.
Book Condition:
ISBN:
9781868233199
In stock