Lig Wankelend – Gerard Scholtz

R20.00

Op 24 November 1949 kom Utte Reuter alleen in Kaapstad hawe aan; saam met haar dra sy twee pakkies briewe en ‘n digbundel van Rilke.  Sy is hier om te trou met Christiaan Hofmeyr, die broer van haar penvriendin, wat ‘n uitkoms bied van die verskrikking en nadraai van die Tweede Wêreldoorlog.  Maar gou verlang Utte huis toe, na ‘n wêreld wat vir altyd vir haar vernietig is. In Suid-Afrika voel sy ontuis, in Europa voel sy ontuis.

Haar verhaal word vertel vanuit haar laaste tuiste; die kliniese wit kamer in die tehuis waar sy opgeneem is vir Alzheimers. Hier, in ‘n gestroopte ruimte, verlaat van al die mense om haar, sonder haar geliefde Rilke-boeke en briewe, dink sy terug aan die liefde en die aard van haar lewe.

 

Book Condition:
Excellent
ISBN:
9780795800153

In stock

Category: