Litsomo – Minnie Postma

R80.00

Toestand : Goed.
Afrikaanse Pers-Boekhandel, 1964 , Hardeband met omslag in plastiek – Basoeto sprokies – 121pp.

“Hierdie verhale beskryf die waterslang, mensvreters, gedrogte, diere, prinse en prinsesse. Wraak, liefde en dood is terugkerende temas. Sommige verhale is duisende jare oud en het hulle oorsprong uit die vroegste tye van die mens se beskawing, met die oudstes van die stam wat die verhale vir eeue lank aan hulle nageslagte oorvertel het.
Die hoofkarakters van die verhale is gewoonlik gedugte opperhoofde en hulle vrouens of kinders, met die name wat nie veel saak maak nie. Die algemene naam vir die manlike held is Masilo of Bulane en vir die vroulike heldin Tsélane of Thakáne. In feitlik elke verhaal speel die wyse ou vrou ‘n groot rol.

In die diereverhale is Hasie altyd die slimjan wat almal uitoorlê. Die verhale word aangebied in die trant van die tradisionele Sotho-verteller, met waardige taal en herhalings en gereelde vraag en antwoord.

Die kultuur-historiese waarde van hierdie legendes is onskatbaar en die manier waarop dit omgewerk is in Afrikaans, ryk aan stemming. Meyer de Villiers beskou hierdie legendes as net so klassiek as die sprokies van Grimm of die Duisend-en-een-Nagte.” — WIKI

Book Condition:
Very_Good

In stock