Littekens: stories en memories – Margaret Bakkes
R38.00
Sold by: BoekhoerToestand: Goed.
Eerste uitgawe, Human & Rousseau, 2005, Sagteband – Kortkuns – 127pp. ISBN 9780798145299. Ligte water-vlek.
In 21 stories en memories neem Bakkes bestek op van n lewe se wonde wat genees het. Soos feite en fiksie op mekaar inspeel, word dit die outobiografie van n kreatiewe gees, n vrou, n Suid-Afrikaner.
n Enigste dogter verlaat met man en kinders die Nuwe Suid-Afrika. n Slepende siekte eis sy tol. n Sagte man neem wraak. Geboortegrond word afgele. Oorlewering uit die tyd van die Anglo-Boereoorlog dra n eeu later steeds n lewensles oor.
Dit is n bundel waarvan elke deel saam met die geheel gelees wil word want elke verhaal vind weerklank in n ander verhaal en belig so n ander faset daarvan. Wat wraak nie kon genees nie, genees weerwraak elders. Een vrou verloor haar kind, n ander vind n verlore dogter terug. Op die drumpel van die dood word liefdesdrif hernieu. n Afgetakelde huisie word gerestoureer, soos n lewe.
* “Bondel” opsie vir goedkoper posgeld.
Book Condition:
ISBN:
9780798145299
In stock
-
Operaverhale – Erika Nothling
R35.00 Add to basket -
London End (The second book in the Image Men series) – JB Priestley
R55.00 Add to basket -
Terug na klein paradys – Anton Dockel
R38.00 Add to basket -
Crewel Twists: Fresh Ideas for Jacobean Embroidery – Hazel Blomkamp
R40.00 Add to basket -
Moll Flanders – Daniel Defoe
R38.00 Add to basket
Reviews
There are no reviews yet.