Select Page

Mal Hansie en ander verhale * GETEKEN * – Audrey Blignault

R65.00

Sold by: Boekhoer

Toestand : Baie Goed.
Eerste Uitgawe, Tafelberg, 1996, Hardeband met omslag in plastiek – Kortverhale – 112pp.

In ’n bestek van veertig jaar het Audrey Blignault tien bundels essays gepubliseer – van In klein maat in 1955 tot Pas op vir Jantatarat in 1979. Boeke wat wyd aanklank gevind het. Want hulle “is doepa vir ’n dikbek; vonk vir ’n vaal dag; laai ’n mens opnuut vir die avontuur van die lewe, wat nie ver is nie, maar in en rondom jou” (Berta Smit).

In Die Blye dae van 1965 verskyn die eerste volwaardige vertelling tussen die essays: “Mal Hansie”. Daarna word dié soort tekste talryker, veral in Die plesierboom (1967) en Die rooi granaat (1970). Mal Hansie en ander verhale bied vir die eerste keer hierdie gewilde en ontroerende vertellinge in een band.

Dit is ’n volwassene wat veral terugkyk op haar jeug en dan ’n kind aan die woord stel: ’n meisietjie wat nie kan aanvaar haar oupa is dood nie, wat ’n baie ongeseënde Kersfees beleef, of deur skuldgevoelens geteister word toe ’n pestilensie van ’n buurseun hom byna morsdood uit ’n pruimboom val.

Die kind ervaar gesinsverbrokkeling, liefdesarmoede en die wanhopige verset van ’n onvriendelike oom teen ouderdom en aftakeling. Maar ook die verwondering wanneer ’n seun op ’n reënerige oggend so anders en belangrik vir haar word.

Dis verhale wat, in Audrey Blignault se woorde, vertel “van die enigste spoor wat nie vergaan nie – die spoor wat een mens laat op die hart van ’n ander.”

Book Condition:

Excellent

Out of stock

Add to Wishlist
Add to Wishlist
Categories: ,