-
Magnificence: Onstage at the Met – Robert Jacobson
R135.00 Add to basket -
Dokter Delmarie – Ella Van Der Mescht
R28.00 Add to basket -
Newelig: Stories loop nie padsaam nie – George Weideman
R39.00 Add to basket -
Time to Remember — Lloyd C. Douglas
R55.00 Add to basket -
Margot Fonteyn – Frances Jacobs
R29.00 Add to basket -
That Touch of Mink – Bent Kargaard
R58.00 Add to basket
Met Koffer En Kaart – Helena Gunter **GETEKEN**
R48.00
Sold by: BoekhoerToestand : Goed.
Eerste Uitgawe, Human & Rousseau, 2011, Sagteband – Verhale – 167 pp. Geskenk-inskrywing deur die skrywer.
Langs ‘n stormrivier skop ‘n vrou haar hoehak Bally-skoene uit, want sekere situasies moet kaalvoet aangedurf word. ‘n Ander vrou (deur die geliefde versaak) dwaal mymerend in ‘n Klein-Karoo-dorp totdat ‘n naaldekoker haar pad versper. Op ‘n plakkaat In ‘n Londense moltreinstasie vra ‘n wildtuinleeu: “Want to shift your boundaries?” En nooi dan: “Come to Africa.” Die reis lei ook na ‘n buurt waar antie Bybie-hulle dalk nie tuis is nie, want dis All Pay en die kinders het ‘n skroppietjie vir die dag gekry.
Daar word oor grense heen verken, en die reisiger staan telkens uitgelewer, want die terrein is ongewoon en die gekoesterde bagasie en bekende roete geld nie. Die verhale – ironies en nie sonder humor nie – kleur komplekse menseverhoudinge met menslikheid en deurleefde kennis in. Knap verweef en terselfdertyd toeganklik.
* “Bondel” opsie vir goedkoper posgeld.
Book Condition:
ISBN:
9780798152549
In stock