Met ‘n diepe verlange – Catherine Willemse

R45.00

Toestand : Goed.
Eerste Uitgawe, Human & Rousseau, 2006 – Kontreiliteratuur – 127 pp. Die verhaal is verryk met 34 foto’s.
Catherine Willemse se diepe verlange was om vir die wat na haar kom ‘n geskiedenis na te laat. Sy is gebore uit die derde geslag vrygemaakte slawe.
Sou vrygemaakte slawe dit kon bekostig om na hulle land van herkoms terug te keer, sou hulle nie weet na wie en waarheen nie, want slawe is nie net van hulle vryheid ontneem nie maar ook van hulle geskiedenis.
“Ek het in die verlede dikwels gewonder – waar kom ons dan vandaan? Is ons van ver? Waar pas ons in? Ek sou so graag net wou weet wie my voorgeslag is.”
Sy is op 1 Oktober 1926 op die sendingdorpie Raithby gebore, waaroor sy vir een van haar lesers geskryf het: “Dit was ‘n eenvoudige dorpie.” Dit was. So eenvoudig soos haar lewensverhaal.
Daarom is dit so diep verwikkel en aangrypend. Willemse is op 13 Augustus 2005 oorlede en haar stoflike oorskot rus in Worcester. Haar seun, professor Hein Willemse, hoof van die Departement Afrikaans, Universiteit van Pretoria, het ‘n nawoord by haar lewensverhaal gevoeg.

Book Condition:
Very_Good
ISBN:
9780798146326

Out of stock