Select Page

Moenie Hierdie Boek Eet Nie!: ‘n Rympie vir Elke Dag van die Jaar — Jaco Jacobs

R60.00

Sold by: Boekhoer

Toestand : Baie Goed.

Eerste druk, LAPA, 2016, Groot-formaat Hardeband – Kinderboeke – 312pp. ISBN 9780799379211.

Wat soek ’n haai in die skool se swembad? Hoe lank is ’n weerwolf se humeur? Is enige iets erger as skottelgoed was? Wat is ’n huis sonder ’n moeder? Is ’n draak die perfekte troeteldier? Wat soek jou ouma op die Pick n Pay se dak? Hoekom dra bere nie klere nie? Wat sou gebeur het as die maan ’n pizza was? Waarom is daar so min rympies oor erdvarke? Bestaan daar iets soos ’n spaghettiboom? Wat moet jy doen as ’n renoster jou jaag? Hoe klink die perfekte monsterbrul? Wat eet Dracula vir nagereg? Kan jy jou eie elmboog lek? Jy sal die antwoorde op al hierdie vrae in die lawwe lekkerlagboek vind. Moenie hierdie boek eet nie! bevat 365 rympies (en ’n bonusrympie vir ’n skrikkeljaar) wat kinders (en grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag! Daar’s rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skooltoilette, erdvarke, Kersvader, krokodille, volstruismelk, Valentynsdag, en dinge wat baie sleg ruik …

Daar’s lawwe limerieke, heerlike haikoes en tawwe tongknopers! Jaco Jacobs se GROOTSTE en SNAAKSSTE rympiebundel OOIT is ’n moet-he-boek vir elke kind se boekrak!

* “Hopie” opsie vir goedkoper posgeld.

Book Condition:

Excellent

ISBN:

9780799379211

In stock

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Moenie Hierdie Boek Eet Nie!: ‘n Rympie vir Elke Dag van die Jaar — Jaco Jacobs”

Your email address will not be published. Required fields are marked *