Select Page

MOLA Appliek met verskil Marie Peacey

R20.00

Sold by: Best Books

Mola: appliek met n verskil stel die uitsonderlike handwerkvorm van die Kuna-Indiane van die San Blas-eilande in Sentraal-Amerika stapsgewys aan naaldwerksters bekend. Mola-werk bestaan uit katoenmateriaal van verskillende kleure wat op mekaar geplaas en dan met n kombinasie van wegknip, appliek en borduurwerk versier word. Die metode is eenvoudig en die resultaat verstommend mooi. Stapsgewyse aanwysings duidelike ontwerpe en volkleurfoto’s stel almal in staat om hierdie kleurryke naaldwerkvorm te bemeester. Die 25 ontwerpe sluit tranisionele Kuna-molas in asook versierings vir artikels soos kledingstukke, kussings, tafelmatjies en muurbehangsels. Nadat Marie Peacey toevallig n mola op n lughawe in die VSA gesien het, het sy met die interessante handwerkvorm begin eksperimenteer. In 1987 het sy die San Blas-eilande besoek om eerstehandse kennis oor mola-werk in te win. Marie Peacey is vandag landwyd bekend vir die kursusse wat sy in mola-werk aanbied. Haar werk word gereeld op uitstallings vertoon en in 1988 is sy met n eertse prys in die etniese kategorie in die Nasionale Laslapen Kwiltkampionskap bekroon. Die ontwerp van die pryswenner-mola is ook in hierdie boek opgeneem. Mola: appliek met n verskil is in Engels beskikbaar onder die titel Mola: applique with a difference.

Book Condition:
Fair
ISBN:
0624026760

In stock

Additional information

Weight 1 kg
Dimensions 27 × 21 × 1 cm

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “MOLA Appliek met verskil Marie Peacey”

Your email address will not be published. Required fields are marked *