‘n Bek vol Strandveld deur Piet van As
R250.00
Sold by: Boland BoekePiet van As is een van die Strandveld (die hart van die Overberg) se bobaas storievertellers en nadat hy vir jare sy stories aan ander skrywers geleen het, is hy uiteindelik self aan die woord. Met hierdie versameling van sy stories, gedigte en briewe skets Piet vir die leser die uniekheid van die Strandveld se mense en omgewing in sy eie unieke skryfstyl.
MEESTER
Meester het met oskar
Van die Kaap af saam gekom
Swierig in manelpak
In sy hoed ‘n blom
Meester die vername heer
Van Holland oor die see
Om al die kinders op die werf
Geleerdheid in te gee
Blink ketting en horlosie
Oor sy grote maag
Ellehoë pluiskeil
En vuilgeit om die kraag
Maar die kleingoed en hul maters
Kon Meester niet verstaan
Al het hy hoge Hollands
By hul gatte ingeslaan
Die kinders was te gruwelik
Na die beskaafde smaak
Van Meester wat so mooi kon sing
En liefdesrympies maak
Die dae word lang maande
Maande word ‘n jaar
En by daardie tyd was Meester
Se senuwees ook klaar
Meester arme Meester
Sy toekoms baie vaal
Het al hoe meer en langer
In die berg beginne dwaal
Tot eendag het die meester
Nie werf toe terug gekom
En die mense van die omtrek
Begin te soek na hom
Kry hul oorle Meester
Na ‘n hele dag se soek
Met die koue westewind
Wat pluk-pluk aan sy broek
Maklik rol hy bergaf
Want hy was lekker rond
En daar is hy begrawe
In sanderige grond
Meester L. Kooij is deur Piet se grootoupa Hendrik aangestel om op Springfield vir die werfkinders en die kinders va Rhenosterkop, Soutbos, Bosheuwel en Bergplaas skool te hou. Volgens Pa se oom Martiens was Meester Kooij seker nie veel meer as ‘n wegloop matroos nie. Moes dit hier in die laat 1870s gewees het want in 1879 / 80 is die plaas verkoop en het grootoupa Hendrik en grootouma Miemie op Brandfontein gaan woon.
Lees meer oor die boek:
- https://www.facebook.com/BekvolStrandveld
- https://www.netwerk24.com/Netwerk24/afrikaanse-boek-n-bek-vol-strandveld-laat-die-spoke-juig-20180604-2 (vir Netwerk24 intekenare)
- https://www.netwerk24.com/netwerk24/n-kosbare-versameling-20180715 (vir Netwerk24 intekenare)
Book Condition:
Excellent
ISBN:
9780620793933
In stock
Reviews
There are no reviews yet.