Select Page

‘n Skip is Ons Beloof – George Louw

R39.00

Sold by: Boekhoer

Toestand: Goed.
Tweede druk, Tafelberg, 1980, Hardeband – Drama – 63 pp.
“George Louw se eerste drama, ’n Skip is ons beloof, het as tema die botsing tussen ’n enkeling en die samelewing tydens die anti-bandiete agitasie van 1848.
Die Neptune, ’n skip vol gevangenes, gooi anker in Simonsbaai en die plaaslike inwoners kom in opstand teen Brittanje se besluit om die Kaap as strafkolonie te gebruik. Die goewerneur, sir Harry Smith, wag vir verdere opdragte van die Britse regering voordat hy die gevangenes sal toelaat om aan land te kom. Intussen moet voedselvoorrade vir hulle gevind word, maar die anti-bandiete beweging dwarsboom alle pogings om dit te bekom.
’n Afgetrede leëroffisier en nou boer, Peter Newton (gebaseer op die geskiedenis van Robert Stanford), besluit om menslikheidsredes om tog voorrade te verskaf, maar die gemeenskap draai dan teen hom. Hy en sy gesin word onderwerp aan onmenslike vervolging, tot so ’n mate dat hy selfs nie mediese hulp vir sy sterwende kind kan verkry nie.
Dwarsdeur die handeling is drie figure uit ’n later eeu ook op die verhoog teenwoordig, met die Ou Man wat in sy verhouding met die diaboliese Gunter ook aan die bose blootgestel word. Hierdeur word die boodskap dat die oorwinning van haat en onredelikheid telkens in die tyd herhaal sal word en dat liefde nooit werklik bestand is hierteen nie, op kreatiewe wyse versterk.
’n Fragment van die drama verskyn reeds in 1969 in Kol. Hierdie drama word in 1969 voor publikasie deur die Kaapse Raad vir die Uitvoerende Kunste (KRUIK) opgevoer en in 1970 met die W.A. Hofmeyr-prys bekroon. Dit word ook vir skole voorgeskryf.” — WIKI

Book Condition:

Very_Good

In stock

Add to Wishlist
Add to Wishlist
Categories: ,