‘n Stasie in die niet – Chris Barnard

R40.00

Toestand : Goed.
Eerste uitgawe, Tafelberg, 1970, Hardeband – Radiodrama – 60pp. Annotasies.

“Chris se radiodramas maak indruk met die tegniese vaardigheid daarvan en hy is die belangrikste skrywer wat hom sterk op die hoorspel as medium toespits.
Hy gee dan ook teoretiese rekenskap van hierdie medium in sy essay Die hoorspel – ’n wêreld in klank, wat in ’n Stasie in die niet opgeneem word. Hierdie hoorspel werk met die gevoelslewe van slegs twee mense en klank word gebruik vir meer as net effek, sodat die klank (en stilte) ook kommunikeer.

Dit vertel van ’n man wie se huwelik op die rotse is en ’n verhouding met ’n jonger meisie aanknoop. Die handeling geskied tydens ’n naweek wat hulle saam in ’n hotel by die see is, met gereelde terugflitse. Die trein is ’n belangrike motief, wat aansluiting vind by die titel en die minnaars bymekaarbring, maar ook weer skei, terwyl die verhaal van die boot met pelgrims en die kaptein wat uitspring as hy sien dat hulle op die rotse sal vergaan, uitgroei tot ’n simbool wat as analogiese geval die hoofhandeling didakties begelei.” – WIKI

Book Condition:
Excellent

In stock

Categories: ,